top of page

Trophy hunting

​

Also known as safari hunting or sport hunting: the selective hunting of

individual non-domesticated animals (primarily mammals), picked for specific

traits such as large horns, tusks or body size, and performed by paying clients

using a rifle or bow in the presence of a professional hunter. The primary

products obtained from this activity are skins, horns and tusks, and these are

often retained by the clients to be displayed as mounted trophies. When the

species hunted is an ungulate, the meat from the carcass is normally taken as

a secondary product and used locally.

​

​

​

Die rol van jag in natuurbewaring: lees meer
​
Rules for hunting in South Africa: read more
​
​
Briewe wat die rol wat jag speel in bewaring debateer

http://m24lbarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2010/04/23/LB/75/01.html


Briewe uit Landbouweekblad

 

Brief  teen jag wys onkunde

Dr. GERHARD H. VERDOORN, ondervoorsitter: bewaring, Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, skryf:
Mnr. Kallie du Plessis se brief “Jag ‘gaan alle spesies uitwis’ ” (LBW, 9 April) het betrekking.
 Du Plessis praat seker namens sy eie vereniging waarvan hy sekerlik ook die enigste lid en voorsitter is. 
 Sy kennis oor die jagbedryf, jag as aktiwiteit en natuurbewaring blyk uit sy skrywe uiters skraal te wees. Volgens die International Union for Conservation of Nature (IUCN), ’n internasionale natuurbewaringsorganisasie, is bewaring die volhoubare benutting van die natuur en natuurlike hulpbronne en dis presies wat jag is: die volhoubare benutting van wilde diere, asook ander elemente van die natuur. 
 Bewaring is nie die beskerming van diere nie, maar die bestuur van alle natuurlike dinge op só ’n wyse dat dit vir altyd daar sal wees. 
 Du Plessis weet duidelik ook nie dat die jagbedryf wat hy so uitkryt die belangrikste oorsaak van die voortbestaan van skaars diere soos bontebokke, swartwildebeeste en bastergemsbokke is nie. Hy besef ook nie dat miljoene hektaar grond reeds uit gewone veeboerdery en gewasboerdery herwin is vir die vestiging van wild en natuurlike habitat as gevolg van jagters wat dit volhoubaar benut nie. 
 Sy stelling dat baie diere nie meer bestaan nie as gevolg van jag is uiters onvanpas in die 21ste eeu omdat die sogenaamde jag wat die Kaapse bloubok en kwagga in die verlede uitgewis het, stropery was en nie jag nie. Moderne jagters het ’n groot aandeel in die opbou van wildbevolkings en bestee hul eie geld aan bewaringsprojekte van habitatte en spesies, soos brulpaddas, bromvoëls, uile, vleigebiede en inheemse vissoorte. 
 Ek wil graag weet hoeveel van sy eie geld Du Plessis al aan natuurbewaring bestee het. Ek het hom nog nooit op enige bewaringsforum gesien of gehoor nie en dis forums waar jagters die veld oorheers met hul bydraes, werk en die finansiering van bewaring. Skuil Du Plessis dalk iewers in ’n diereregtekassie of wat? 
 Jag is beslis nie meer ’n oorlewingsdrang vir die meeste Westerse jagters nie, maar dit gaan oor ’n buitelugaktiwiteit waardeur wild gejag word ter wille van die vleis of soms trofeë (waarvan die vleis ten volle benut word). Jag is, wat my betref, nie ’n sportsoort nie; sport beteken die deelnemer ding met iemand mee om die beste te wees. Ons jag en ding teen niemand mee nie. 
 Die stelling dat die uitwissing van diere kos op die tafel sit, is absurd – waar word diere uitgewis om kos op die tafel te sit? Koedoes se getalle neem toe en dié spesie word in die Karoo – waar hulle in die vorige eeu laas was – in gesonde getalle aangeteken. Daar is beslis geen spesie behalwe die oorbietjie wat in gevaar verkeer as gevolg van benutting nie en dit is weens stropery – nie jagters nie. Springbokke, rooibokke en blesbokke kom in hul miljoene in Suid-Afrika voor en daar word elke jaar duisende gejag sonder dat dié bevolkings enigsins agteruitgaan.
 Die sogenaamde “genotsport” waarna Du Plessis verwys, sal nooit verban word nie, want dis een van die mees soliede boustene van bewaring. Dit is ook so erken en aangeteken deur die IUCN op een van sy wêreldkongresse. 
 Ten slotte moet Du Plessis hom gaan vergewis oor bewaring: Bewaring is nie die be-
 skerming van spesies nie, maar die volhoubare benutting daarvan. Ons glo, as jagters, dat daardie doodsklok wat hy so graag sal wil laat lui oor die graf van die jagbedryf, lankal reeds begrawe is. 
 As hy mooi luister, sal hy ’n klokkie hoor lui vir mense soos hy wat een van bewaring se sterkste pilare kritiseer met sy belaglike argument en ongegronde filosofieë.

Roux Snyman, rouxcor@lantic.net, skryf
Mnr. Kallie du Plessis se brief het betrekking.
 Ek het met spyt dié brief gelees en toe besef dat daar steeds mense is wat nie die jag-
 bedryf verstaan nie. Ek het ’n paar logiese punte om te noem wat dalk nie te moeilik is om te verstaan nie. 
 Eerstens wil ek Du Plessis vra of hy ’n vegetariër is, want duisende beeste, skape, varke en hoenders word “vetgemaak” en geslag – nie net by slagplase en voerkrale nie, maar ook plaaslik deur boere self. En al wat ek sien, is meer en meer bees-, skaap-, vark-, en hoenderboere. Is hulle nie dieselfde as wildboere nie?
 Du Plessis het reeds in die artikel “SA jagbedryf ’n stille reus” (LBW, 26 Maart) gesien dat professore en doktors studies doen oor die wildbedryf en tog bevraagteken hy steeds die jagbedryf. Ek sou eerder ’n artikel verwag wat afkomstig is van ’n instansie wat teen jag gekant is en wat wel erken dat dit ’n behoorlike studie oor die jagbedryf was.
 Tweedens wonder ek hoekom die instansies wat teen jag gekant is, altyd hul mening wil lug oor ’n uitstekende bedryf wat net groter en groter word (ons as jagters lug nie ons menings oor die organisasies wat teen jag gekant is nie). Elke jaar as ek die Bosveld, die Karoo of die Kalahari tydens 
 jagtyd besoek, sien ek kilometer ná kilometer net wildplase en wild. 
 Die bedryf groei en die bestuur van die bedryf is uitstekend (vleis- en vervoerpermitte, geweerlisensies, reëls en regulasies, natuurbewaring, ens.). En dan is daar steeds mense wat teen jag gekant is? 
 Wat meer wil sulke mense hê as die artikel oor die jagbedryf? Dis een van die min bedrywe waarin mense kan bewys dat wildteling suksesvol en ekonomies deur boere en ook jagters bedryf word. 
 Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het dit vir ons as Suid-Afrikaanse burgers moontlik gemaak dat ons nog ons vuurwapenlisensies kan behou. Dit is ’n puik en suksesvolle vereniging. 
 Nie een van die organisasies wat teen jag gekant is, het hul mening gelug oor die vuurwapenlisensies nie, maar hoeveel van hulle loop met ’n handwapen aan hul sy rond vir selfverdediging? En hoeveel van hulle eet koedoe- of beesbiltong? Of is dit dalk net slaaiblare? 
’n Wyse jagter het eendag vir my gesê: “Dis gevaarliker om bietjie te weet oor iets as om niks te weet nie.” En dus wil ek nie eers dié onbekende “leeujag” met u bespreek nie.

​

We at Oribi.co.za encourage everyone to make informed decisions in best interest of the species

  • Whatsapp icon werk
  • Facebook Social Icon
  • Pinterest Social Icon

Disclaimer

​

This site is created for awareness, conservation and education about Oribi. Although we tried to ensure the accuracy of information published on this website, we take no responsibility for any errors in information on the site.

​

If you see any errors or have any questions or suggestions on what is shown on this site, please provide us with feedback so that we can correct or extend the information provided

​

Contact us: info@oribi.co.za

bottom of page